Thursday 10 May 2012

Die waarheid agter die "koekies bak" vak.

Baie mense het die verkeerde illusie oor die vak Verbruikerstudie. Verbruikerstudie kan aan leerders veel meer bied as die sogenaamde "koekies bak" klas of die leer hoe om 'n goeie huisvrou te wees.

Wat is Verbuikerstudie?

Die vroeƫ Huishoudkunde in skole het verander na Verbruikerstudie. Huishoudkunde was meer gerig op die individu, gesin en die gemeenskap waar Verbruikerstudie gerig is op die verantwoordelikheid van die verbruiker.


Verbruikerstudie leer leerders oor verantwoordelike en ingeligte verbruikersgedrag met verwysing na voedsel, kleding, behuising, meublement en huishoudelike apparate. Verbruikerstudie het ten doel om leerders te leer om ingeligte besluite te neem en om optimaal gebruik te maak van hulpbronne om menslike welstand te verbeter. In die praktiese afdeling van die vak het leerders die geleentheid om verskillende produkte te maak en bemark.

In Verbruikerstudie sal die leerder die volgende bestudeer :

• verbruikersregte en verantwoordelikhede
• verbruikersbeskermingsbeleid en kanale vir klagtes
• hoe om voedsel verskaffers, klere verskaffers meubel- en huishoudelike toestelle verskaffers en restaurante
te evalueer
• hoe om ontwerp eienskappe van interieurs, meubels en huishoudelike toestelle te evalueer
• verantwoordelike aankopegedrag wanneer voedsel, klere, meubels en huishoudelike apparate aangekoop
word
• die verantwoordelike gebruik van hulpbronne, soos water en elektrisiteit
• maniere om aardverwarming te beperk
• beplanning en bestuur van persoonlike finansies en betalingsmetodes
• belasting, rentekoerse en inflasie
• voeding en die impak van voedselkeuses op gesondheid
• voedselhigiĆ«ne
• hoe om produkinligting te gebruik om ingeligte verbruikersbesluite te neem
• die toepassing van ontwerpelemente en beginsels in die keuse van klere en meublement
• eienskappe en gebruike van tekstielvesels en –materiale
• die modesiklus
• verskillende behuisingsopsies
• die behoeftes van mense met liggaamsgebreke ten opsigte van kleding en behuising
• klein-skaal produksie, entrepreneurskap en bemarking van kwaliteit produkte


Die praktiese aspekte van Verbruikerstudie :

Dit bestaan uit:  voedsel
       Kleding
       sagte meublement
       brei en hekelwerk
       kwilt en laslappiewerk

Een van die bostaande praktiese aspekte kan deur die skool gekies word om die leerders se vaardighede wat toepaslik in hul gemeenskap is toe te pas.


Verbuikerstudie is nie net 'n vak wat kennis deurgegee word en na skool verdwyn die kennis nie, maar leerders word opgevoed in sekere aspekte wat hul dit in hulle daaglikse leefstyl kan toepas.Waar die verwarring van die vak inkom is dat mense dink die vak is net basiese inligting wat van toepassing is in die huishoudelike komponent van jou lewenstyl, maar eintlik is dit indiepte kennis van interieur, voedsel en voeding, en kleding.

Verbruikerstudie se doel is om entrepreneurs geleenthede ook te skep deur die praktiese aspekte wat vantoepassing op die verskillende gemaanskappe is waar die skool gelee is te implementeer. Bv wanneer 'n skool nie kombuistoerusting het nie, sal die onderwyser die leerder leer om brei en hekelwerk, of kwilt en laslappiewerk te doen, wat nie baie uitgawes is nie en leerders kan deur dit in die gemeenskap die werk verkoop vir ekstra inkomstes. Indien leerders die toegang tot goeie toegerusde kombuis het kan peuselhappies of voedsel wat verkoop kan word gemaak word. Dus is die doel van die vak nie net kennis en nuttelose inligting nie, maar goeie opvoeding en goeie ontwikkeling van elke leerder en mens